ONDERWEG 2011




 

Ter viering van veertig dinamiese jare van uitlewing van sy passie stel Jannie sy musiekstorie ONDERWEG bekend - ’n unieke multimedia-aanbieding wat bestaan uit ’n koffietafelboek, ‘n dubbele CD en ‘n DVD.

Die storie begin wanneer ligte Afrikaanse musiek veertig jaar gelede letterlik in sy kinderskoene is, tot waar dit vandag die grootste enkele faktor op die Suid-Afrikaanse musiektoneel geword het. Jannie vertel van TRILOGIE, die tagtigerjare met sy eie musiekblyspele vir Tukkies, en ook van die pad saam met sy musiek-, reis- en sielsgenoot, Christa Steyn, met wie hy nou reeds 25 jaar op die verhoog en in die ateljee skeppend saamwerk.

Die dubbele CD, getitel “Vroeër” en “Later” sluit 40 musieksnitte in, en die DVD “Kyk”, bied meer as 20 beeldgrepe wat strek oor sy hele loopbaan.

’n Spesiale Teaterproduksie is geskep as deel van die feestelike vrystelling. Die prèmiere vind op 27 September plaas by UJ se Kunstesentrum waarna ‘n landwye toer afskop. Jannie word begelei deur Christa Steyn/Clinton Zerf (klavier) en Susan Mouton/Arend Brink (tjello). Die verhoogregie word waargeneem deur Emma Bekker met meester-storieverteller PG du Plessis as skrywer van die verhoogteks.

Die produksie word toeganklik gemaak vir gehoorgestremde persone deur middel van die Univox Induksie Lus-sisteem, danksy die vriendelike medewerking van die (NCPPDSA) . Meer inligting kan hieroor op ONDERWEG se Facebook-bladsy gekry word.

Vir meer inligting besoek www.facebook.com/onderweg40
Navrae: 012 329 0709 / 072 460 5568 / info@pierneefteater.co.za
Besprekings: Computicket * of by die teaters.

Vir meer inligting, kliek op KALENDER en VERHOOGPRODUKSIES. image

Om te kyk na 'n video van PIE JESU van die album Diepverlange met Jannie du Toit, Coenie de Villiers en Chris Chameleon, kliek hier...

 
© Kopiereg 2008

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.