Christa Steyn

'n Huldeblyk

Christa Steyn

Christa Steyn (1958-2012)

Hierdie webwerf is daargestel om Christa Steyn se lewe te vier. Sy is op 15 Junie 1958 in Krugersdorp gebore en is na ‘n geseënde loopbaan in Junie 2012 oorlede.

Christa het op vyf begin klavier speel en het daarna onder die befaamde klaviermeester Adolf Hallis begin studeer. Na skool het sy haar muskiekopleiding onder prof. Pieter de Villiers aan die PU vir CHO voortgesit.

Sy was ‘n begaafde komponis, verwerker, begeleidster en sangeres van die hoogste orde wat haar stempel wyd afgedruk het op die Afrikaanse musiekbelewenis. Talle jong sangers en komponiste bou en skoei reeds vir dekades lank hul loopbane op dit wat sy geskryf, met ander gedeel en vir ons almal nagelaat het.