verhoog

Christa, wie se opleiding volledig klassiek was, leef haar belangstelling in ligte musiek uit deur by die ALABAMA STUDENTEGESELSKAP onder leiding van Johan van Rensburg op Potchefstroom aan te sluit.

Sy word deur dr Peet van Rensburg van die Departement Spraakleer en Drama versoek om betrokke te raak by hulle MUSIEKBLYSPELE, en sy doen die musiekregie van SOUND OF MUSIC sowel as FIDDLER ON THE ROOF vir hulle.

Nadat sy van tyd tot tyd as beoordelaar vir ATKV CRESCENDO optree, word sy ook as musiekregisseur aangestel.

In samewerking met Jannie word sy musiekregisseur vir TRUK se KERSLIG, VERS EN MELODIE-reeks (musiekregisseur en orkesleier)

Ook vir die televisieprogram DEBUUT tree sy as beoordelaar en musiekregisseur op.

Vanaf 1986 landswye aanbiedinge van BLIK EN SNAAR, onder andere vir JOHANNESBURGSE STADSKOUBURG en TRUK, asook optredes in Europa.

NUUTSTE VERHOOG AANBIEDING : ONDERWEG 2011.

Jannie du Toit word deur baie beskou as een van die grondleggers van moderne ligte Afrikaanse musiek. Benewens ander toekennings ontvang hy in 2008 'n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot ligte Afrikaanse musiek. Ter viering van veertig dinamiese jare van uitlewing van sy passie stel Jannie sy musiekstorie ONDERWEG bekend - ’n unieke multimedia-aanbieding wat bestaan uit ’n koffietafelboek, ‘n dubbele CD en ‘n DVD.

Die storie begin wanneer ligte Afrikaanse musiek veertig jaar gelede letterlik in sy kinderskoene is, tot waar dit vandag die grootste enkele faktor op die Suid-Afrikaanse musiektoneel geword het. Jannie vertel van die studentegroep TRILOGIE waarvan hy deel was in die sewentigerjare, die tagtigerjare met sy eie musiekblyspele vir Tukkies, maar ook van die pad saam met sy musiek-, reis- en sielsgenoot, Christa Steyn, met wie hy nou reeds 25 jaar op die verhoog, in die ateljee en op skeppende terrein saamwerk.

Die dubbele CD, getitel “Vroeër” en “Later” sluit 40 musieksnitte in, en die DVD “Kyk”, bied meer as 20 beeldgrepe wat strek oor sy hele loopbaan.

’n Spesiale Teaterproduksie is geskep as deel van die feestelike vrystelling. Die prèmiere vind op 27 September plaas by UJ se Kunstesentrum. Hy word begelei deur Christa Steyn/Clinton Zerf (klavier) en Susan Mouton/Arend Brink (tjello). Die toerprogram sluit Aardklop, Windhoek se Lentefees, Kunstekaap en Hartenbos in. Die verhoogregie word waargeneem deur Emma Bekker met meester-storieverteller PG du Plessis as skrywer van die verhoogteks.

Soos in die verlede vat Jannie hande met sy jarelange vriend, Fanie du Toit van die Nasionale Raad vir Persone met ’n liggaamlike gestremdheid in Suid-Afrika (NCPPDSA) . Hulle maak teaters en die publiek bewus van die ondersteuning wat aan mense met gehoorverlies gebied kan word deur middel van ’n wonderlike stuk tegnologie: die Univox Induksie Lus-sisteem. Meer inligting kan op ONDERWEG se Facebook-bladsy gekry word.

 

 
© Kopiereg 2008

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.