2. Daarom skryf ek
MS SAMRO

Ek skryf geen liedjies oor die see nie,
die stil geheime van die wind.
Ek ken geen stories die moeite werd om te vertel nie.
Dit gebeur ook min dat ek gou 'n antwoord vind.

Ek skryf nie oor oorloë of wraak nie,
intriges wat koningshuise raak.
Ja, ek weet te min, oor wêreldsake bly ek stil.
Ek luister maar na dié wat daaroor praat.

Maar ek skryf graag oor jou, want ek dink ek ken jou goed.
Ek ken jou vrede, ken die hartstog wat jou liefde maak.
Ek weet ook dat jou weelde altyd bly staan
en ek ken jou, daarom skryf ek oor jou.

Ek skryf nie verhandelings oor Barok nie.
Van kabaret weet ek ewe min.
Ek bly liewer stil oor gebeure wat my laat raai
en luister, soms, na dié wat daaroor sing.

Maar ek skryf graag oor jou, want ek dink ek ken jou goed.
Ek ken jou vrede, ken die hartstog wat jou liefde maak.
Ek weet ook dat jou weelde altyd bly staan
en ek ken jou, daarom skryf ek oor jou.

 
© Kopiereg 2008

Copyright©2008. All rights reserved
Best Browser - Internet Explorer 6; Resolution - 800x600
Hosted by
Interexcel - Web Design and web site design are the specialists of this Pretoria based company.